Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse ‘n belangrike invloed op ‘n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.
Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie ‘n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.
Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.
Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur.
Wee die Land van Verdriet"En die dag toe hy die swart keppie op sy kop kry, toe sê hy nou kom hy plaas toe; die enigste plek in die hele wêreld waar hy wil wees.
Ons kon vir hom die onderste kamp afsny, Meneer, sodat hy sy eie ding daar kan doen. En hy het goed aangegaan. As die Here genadig was met die reën, was die oeste goed.
Later het hy ook met die beesgoed begin. Hy was lief vir sy diere. As enetjie olik was, het hy sommer maklik die hele nag daar by die kamp rondgedwaal om te kyk dat die dier nie ly nie.
Dis oor hierdie ding dat ek nou vir u skrywe, Meneer. Want dit is hierdie ding wat my klaarmaak."
Lees VerderAANTAL MOORDE GEDURENDE
MEI 2010: 9