Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende April 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.

Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging

3 April 2010 - Eugene Terre’Blanche (66)

Na die gruwelike moord op die soveelste boer die naweek, is die land behoorlik in rep en roer, omdat daardie boer, die Boer Eugene Terre’Blanche was.

Inderdaad is die land nou ‘n pruttende kookpot waar gemoedere dreig om oor te kook. Sekere sake klink net te toevallig om hierdie moord as gewone misdaad te laat verklaar: mnr. Terre’Blanche self wat onlangs nog gesê het dat of hy uitgehaal moet word, of hy gaan die arrogante ANC-Jeugleier, Julius Malema uithaal. Malema wat net voor die naweek by wyse van ‘n interdik verbied word om weer te sê: “Skiet die boere”, Malema wat net oor die grens van die land gaan en daar tog die liedjie sing, en dan die moord op mnr. Terre’Blanche. Nie in ‘n gevegsituasie nie, maar waar ‘n ou man, wat herstel het van ‘n operasie, rustig gelê en rus het, en toe deur lafhartige swartes met pangas en knopkieries toegetakel is, sodat sy gesig na bewering onherkenbaar is.

Skynbaar was die twee wat nou gearresteer is, bekend aan mnr. Terre’Blanche, en ten minste die oudste het skynbaar vir hom gewerk. Beide is jeugdig, waarskynlik lede van Malema se ANC Jeugliga, en gevolglik op een of ander wyse onder Malema se bevel.

Bewerings word ook gemaak dat hierdie twee gearresteerdes dalk nie die ware moordenaars is nie, maar dat die werklike daders weggekom het, en dat hierdie bloot weerligafleiers is. Sou daar dus teen hierdie twee geen bewyse in ‘n hof gevind kan word nie, sal dit beteken dat die ware moordenaars weggekom het.

Daar is ook betroubaar verneem dat die aanvanklike polisie ondersoekeenheid op die plaas waar mnr. Terre’Blanche vermoor is, summier onttrek is, en vervang is met ‘n ander ondersoekspan wat net uit swart polisielede bestaan. Waarom?

Inmiddels is die land gepolariseer langs rasseskeidslyne. Almal kan aanvoel dat hierdie daad die sneller kan wees van nog optrede, van welke kant ook al. Want as die boere en die blankes nie optree nie, nadat een van hulle prominente leiers vermoor is, sal die proses van barbaarse etniese uitwissing voortgaan en verhewig, sonder dat ons dan ooit weer iets daaraan kan doen. Tree die boere egter nou meer kragdadig op, bestaan die risiko dat die polisie met krag kan toeslaan om ‘n beweerde rebellie te onderdruk, en sal die boere as aggressors gejag word. Dit maak die situasie besonder moeilik, terwyl dit al hoe meer duidelik is dat geen volk met selfrespek kan toelaat dat hy vêrder vermoor en verniel en verneder word nie. Optrede van een of ander aard is nodig. Ons wil nie saamsing in die koor van mense wat maan tot kalmte nie. Ons het die reg om briesend en woedend te wees oor dit wat met ons, en nou ook met van die volk se leiers, gebeur. Ons maan egter wel tot gedissiplineerdheid, en teen oorhaastige en onverantwoordelike optrede. In enige situasie is gedissiplineerdheid die sleutel tot sukses. En ons moet net nie gedissiplineerdheid met bangheid verwar nie, want dit is nie dieselfde nie.

Intussen is dit ook so dat verskeie organisasies wat voorheen niks met mnr. Terre’Blanche te doen wou gehad het nie, die geleentheid sien vir ‘n bietjie vinnige publisiteit. Ook dit kan uiteindelik negatief wees en die groter saak skade berokken, en daarteen wil ons ook maan.

Intussen lê die begrafnis van mnr. Terre’Blanche voor. Laat ons tot dan die nodige rustigheid en respek betuig, ook ter wille van ‘n geskokte familie, met wie ons ons diepste meegevoel betuig.

5 April 2010 - Ernst Hoon (18)

’n Matriekseun is deur sy slaapkamervenster op hul kleinhoewe buite Pretoria in sy bed vir sy skootrekenaar geskiet.Ernst Hoon (18) wat tuisonderrig ontvang het, is gister om 03:00 by Leeuwfontein, noordoos van Pretoria geskiet. Hy het daarna na sy ma se kamer gestrompel en gesê: “Ek’s geskiet.”Mnr. Deon Hoon, Ernst se pa, het gesê sy seun het toe verder na die badkamer gesukkel waar hy inmekaar gesak het.Ernst se ma, Brenette (51), en sy suster, Kalike (21), het daarna vergeefs probeer om hom by te bring, maar hy het aan sy skietwond beswyk. Lees verder

10 April 2010 - Willie Pienaar (24)

'n Man van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is eergistermiddag deur drie rowers in sy motor oorval, in die kop geskiet en toe uit die voertuig gegooi.Die moordenaars het daarna mnr. Willie Pienaar (24) se lyk deurgesoek en sy motorsleutel, selfoon en beursie gesteel. Lees verder

11 April 2010 - Dave Buy (59)

‘Ek het seer, ek het té seer. Ek kan nie meer aangaan nie,” het ’n misdaadslagoffer gister in Clubview, Centurion, aan sy vrou geprewel. Toe is hy dood.Mnr. Dave Buy (59), ’n pensioentrekker-sakeman is gister omstreeks 08:30 in die agterplaas van sy huis in die Cormorandt-veiligheidskompleks dood terwyl sy seun en ’n paramedikus sy lewe probeer red het. Lees verder

13 April 2010 - Johannes Jacobus Hendrikus Coetzee (60)

Sasolburg – ’n Man van dié dorp se lyk is gisteraand naby Parys gekry nadat hy Dinsdagoggend verdwyn het.Mnr. Johannes Jacobus Hendrikus Coetzee (60) het minstens een steekwond gehad. Hy is teen skemer in ’n modderige spruitjie net buite Parys gekry, het ’n ingeligte na aan die ondersoek gesê.Die polisie het hom gevind nadat hulle ’n leidraad opgevolg het. Lees verder

13 April 2010 - Gert Pretorius (67)

’n Oud-brandweerhoof van Nigel, mnr. Gert Pretorius (67), is gisteroggend voor ’n skuur op sy kleinhoewe by Holgatfontein doodgeskiet in die eerste plaasmoord in ’n lang tyd aan die Oos-Rand.Die vermeende aanvaller, een van sy hoewewerkers, het daarna van sy eiendom uit sy kamer naby die agterdeur van Pretorius se hoewehuis gevat en met Pretorius se bakkie gevlug. Lees verder

16 April 2010 - Conrad Griss (23)

’n Jong man van Houtbaai het in sy pa se arms gesterf nadat hy vroeg gisteroggend wreed deur inbrekers in sy ouerhuis aangeval is waar hy rekenaarspeletjies gespeel het.Mnr. Charles Griss, pa van die vermoorde mnr. Conrad Griss (23), was gister so bedroef dat hy skaars ’n woord kon uitkry. Lees verder

16 April 2010 - Liesel Fourie

Kaapstad - Die lyk van 'n 28-jarige ma van twee, Liesel Fourie, is in 'n stormwaterpyp gevind ná sy vir dae lank vermis was.Fourie se verloofde, Cobus Hanneman, het Saterdag aan Nuus24 gesê sy is ook verkrag."Haar hande was met haar broek agter haar lyf vasgebind en haar gesig was inmekaargeslaan," het Hanneman per telefoon gesê.Fourie, wat in Rustenburg gewoon het, was op 'n naelversorgingskursus in Benoni die afgelope maand.Sy het by haar ouers in Brakpan tuisgegaan."Liesl het net gou winkel toe gery vir brood en melk," het Hanneman gesê oor Fourie se verdwyning op Vrydag, 16 April.Fourie het egter nie dié betrokke dag teruggekeer van die winkel, Caroline's in Voortrekkerstraat, Brakpan, nie. Lees verder

19 April 2010 - Alicia Muller

Stellenbosch - ’n Pa het gehoor hoe sy 16-jarige dogter ’n paar meter van die huis om hulp roep kort voordat haar aanvaller haar glo verkrag en daarna vermoor het.Alicia Muller van die plaas Morning Glory buite Villiersdorp is Maandagoggend vroeg in ’n boord op dié plaas oorval en doodgemaak. Sy is vermoedelik eers verkrag en daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek.Ao. Sylvester de Long, ’n polisiewoordvoerder van Villiersdorp, het gesê dié gr. 10-leerder was alleen op pad na die punt van die boord waar die skoolbus die plaaskinders oplaai. Lees verder

21 April 2010 - Paul Strydom (52)

Evander. – ’n Bejaarde ouerpaar het hul derde en laaste kind aan ’n onnatuurlike dood afgestaan toe hy langs hul dubbelbed vermoor is.Hy was só lief vir sy ouers dat hy sy lewe gegee het om sy ma te beskerm, het past. Hennie Oosthuyse gister mnr. Jannie en mev. Marie Strydom, mnr. Paul Strydom (52) se ouers, getroos.Hulle het gesien hoe rowers hul enigste oorlewende kind vroeër die oggend langs hul dubbelbed doodskiet. Lees verder

28 April 2010 - Dirk Human (41)

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand vasgehou en hom gesmeek om by te kom. Lees verder

29 April 2010 -Dane van Zyl (21)

Kaapstad - ’n Student van Woodstock is wreed aangeval en vermoor toe daar by sy huis, wat minder as 500 m van Woodstock se polisiekantoor is, ingebreek is.Dane van Zyl (21), ’n student in besigheidsbestuur aan Unisa, is tussen 07:00 en 10:00 in sy huis in Pleinstraat, wat hy met sy broer en dié se vriend gedeel het, aangeval en verskeie kere met ’n mes in sy nek, bors en bene gesteek.Dit is die tweede moord in Woodstock binne drie dae. ’n Man (25) wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Dinsdag in Albertstraat met ’n mes vermoor. Lees verder