Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende Mei 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.

Werner Smook
Projek 2010

3 Mei 2010 - Gert Coetzer (61)

’n Polisietaakspan van Jeffreysbaai glo hy het ’n deurbraak gemaak in die ondersoek na die rooftog verlede Maandag waarin Gert Coetzer, sakeman van die dorp, doodgeskiet is.

Altesaam ses verdagtes, naamlik Ndikho Mahlathini (33) van Ocean View, Mzuvukile Qunta (32) van Tokyo Sexwale, Mtutuzelo Lindani (32), Thanduxolo Mzangwa (37), Ramdesa Galeni (40 en Andile Njila (32) almal van Kaapstad, is in hegtenis geneem. ’n Sewende persoon is ook ingehegtenis geneem, maar is later deur die polisie vrygelaat. Twee van die verdagtes het verlede Vrydag in die landdroshof op Humansdorp verskyn. Die res van die groep het Maandag voorgekom. Lees verder

9 Mei 2010 - Martin Krügel (78)

Minder as ’n uur nadat haar 78-jarige pa aan haar gesê het “ek bel jou nou terug”, het ’n vrou op sy lyk afgekom in sy woonstel oorkant die Pretoriase landdroshof.“As ek my oë toemaak, sien ek hom op die mat lê met die onderbroek oor sy kop,” het me. Carina Krügel (49) gister gesê.Krügel het haar pa, mnr. Martin Krügel, gister begrawe nadat hy Sondagaand in die Colorado-woonstelle, waar hy 18 jaar lank die opsigter was, vermoor is.Hy is vermoedelik doodgeskop en -geslaan. Lees verder

9 Mei 2010 - Robert Botha (57)

Die dwergkees (toypom)-hondjie van mnr. Robert Botha (57), wat op sy kleinhoewe in Kameeldrift-Wes by Pretoria vermoor is, het eergister op sy bors gaan sit en by sy lyk gewaak totdat die polisie opgedaag het.Die hondjie, Louis, het vermoedelik gesien hoe Botha se aanvallers hom vyf keer in die hart gesteek het, maar kon niks doen nie. Botha is ook in die gesig gesteek en daar is verskeie snymerke aan sy arms, vermoedelik soos hy die aanvalle probeer afweer het.Botha is in sy huis deur drie gewapende rowers aangeval. Louis was gister nog baie bewerig en het nie eens geblaf nie.Mnr. Eddie Horn (40), Botha se kleinneef, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind. Lees verder

11 Mei 2010 - Carel van Zyl (74)

Op die dag wat ’n bejaarde man van Florapark, Upington, sy 74ste verjaardag sou gevier het, is sy lyk gister deur kuiergaste in sy huis gekry nadat hy vermoedelik reeds Dinsdag helder oordag vermoor is.Sy erg beseerde vrou is in ’n kritieke toestand in die Medi-Clinic hier nadat hulle in hul huis oorval en erg aangerand is. Mnr. Carel van Zyl is weens hoofsaaklik hoofbeserings dood. Mev. Van Zyl (70) het ook ernstige hoofbeserings opgedoen. Hulle is deur kuiergaste gekry wat Van Zyl met sy verjaardag wou kom gelukwens.Wasgoed wat mev. Van Zyl Dinsdagoggend gewas het, het gistermiddag nog aan die wasgoeddraad gehang.Geskokte bure wat van die werk teruggekom het, het laatmiddag stadig voor die huis verbygery.Oorkant die huis het polisielede na leidrade in die veld gesoek. Lees verder

15 Mei 2010  - Johan Strydom (40)

Gaste wat Saterdag vir ’n vleisbraaiery op ’n plaas in die Buffelshoek-omgewing buite Parys aangekom het, het op die gasheer se lyk met ’n ketting om sy enkels afgekom.Die moordenaar het mnr. Johan Strydom (40) vermoedelik Saterdag omstreeks 13:00 met ’n ysterstaaf by sy werfhek oorval, het lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, -gesê.Daarna is hy met met ’n tou agter sy Mazda Drifter-bakkie tot in die pakkamer gesleep. lees verder

20 Mei 2010 - Alta Duvenhage (64)

’n Vrou van Alberton se lyk is die naweek toegerol in ’n mat in ’n rioolmangat by Vosloorus gekry.Onder andere ’n huiswerker en tuinwerker is weens die moord op mev. Alta Duvenhage (64) gearresteer.Me. Melinda Smith van Potchefstroom het gistermiddag nog probeer antwoorde vind nadat haar ma se lyk gevind is. Volgens mnr. Fred Duvenhage van Meyerton het sy voormalige vrou verlede Woensdag nog met hul ander dogter, me. Lizel Fourie van Midrand, gepraat.“Vrydagoggend het een van die bure gebel om te sê daar is fout by Alta se woonstel. Die TV is aan en die deur is oop, maar sy is nie daar nie.”Haar Volkswagen Citi Golf was ook nie by haar woonstel in St. Michaelstraat in New Redruth nie. Lees verder

22 Mei 2010 - Marius Marais (44)

Kort nadat ’n lojale Bulls-ondersteuner Saterdagaand sy span se sege oor die Crusaders gevier het, het gewapende rowers sy lewe met twee koeëls beëindig.Mnr. Marius Marais (44) is Saterdag omstreeks 19:00 in sy huis buite Rustenburg in Noordwes geskiet terwyl hy probeer het om sy vrou, Annatjie (44), en hul dogter, Chantel-lee (20), te red toe rowers hulle met wapens in die kombuis vasgekeer het. Marais, van ’n hoewe in Kroondal in die Waterval-omgewing, is een keer in die kop geskiet. Die koeël het sy brein vergruis. ’n Tweede koeël is by sy bors in en deur sy longe. Hy is op slag dood.Mev. Marais, ’n Stormers-ondersteuner, het gister vertel hoe haar man kort voor die moord gelag en gejuig het oor sy span se oorwinning. Lees verder

25 Mei 2010 - Killian Johannes van Tonder (75)

’n Pensioentrekker van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is gisteroggend, oomblikke nadat hy by ’n ysterwarewinkel uitgeloop het, doodgeskiet – vir niks.Nadat hy geskiet is, het mnr. Killian Johannes van Tonder (75) op die randsteen gaan sit, aan ’n bystander gewys waar hy geskiet is en toe gesterf.Van Tonder se vermeende moordenaars, wat onderskeidelik 16 en 21 jaar oud is, is ’n rukkie later deur gemeenskapslede in ’n buite-toilet ’n paar strate van die Wespark-ysterware-en-pandjieswinkel vasgetrek.“Dít sal maak dat ek ’n geweer leegmaak waar ek kom,” het mnr. Hennie van Tonder (43) geskree toe hy by die toneel in Innersingel opdaag waar sy pa dood is. Lees Verder

25 Mei 2010 - Cedric Allen (64)

Die begrafnis van mnr. Cedric Allen (64) van Elspark, Germiston, gaan Saterdag vanuit dieselfde kerk gehou word waarheen sy vrou, Heather, eergisteraand op pad was toe die egpaar in hul huis oorval is. “Sy het altyd die drie huise ver na die kerk ge¬stap vir koor¬oefening. Dinsdagaand het sy haar papiere met die liedere vergeet en omgedraai om dit te gaan haal. “Die aanvaller het haar by die hek aangeval en net gesê: ‘Keep on walking’,” het mev. Martha Jansen van Vuuren, mev. Allen se suster, gesê.  Lees verder