Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende Maart 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.


Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging

4 Maart 2010 - Robert Naudé Hunter (68)

n Sieklike man wat “voetjie vir voetjie geloop” het, is gisteroggend in ’n huisrooftog buite Vanderbijlpark doodgekap, vermoedelik met ’n panga.Mnr. Freddie Hunter het sy pa, mnr. Robert Naudé Hunter (68), voor dagbreek dood in ’n plas bloed gevind.Sowat twee uur later het die polisie drie mans in verband met die moord vasgetrek.Hunter jr., wat op dieselfde Mullerstuine-hoewe as sy pa woon, maar in ’n ander huis, het omstreeks 05:00 ’n lawaai gehoor en aangeneem dis hul twee troetelvarke, Vaatjie en Biscuit, wat moles maak. “Toe ek buitentoe kyk, loop Vaatjie egter rustig verby die venster en ek het onder meer opgemerk die gevaarligte van my pa se Ford Falcon XR6 flikker.”Hunter jr. het sy handvuurwapen gaan haal en buite gesien hoe twee mans uit die motor spring en weghardloop. Lees verder

12 Maart 2010 - Jan Wheeler (65)

'n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall in Limpopo vermoor.Die booswigte het toegang tot die huis verkry deur die agterdeur oop te dwing, volgens Limpopo-polisie.Mnr. Jan Wheeler is in sy slaapkamer oorrompel en herhaaldelik met 'n skerp voorwerp gesteek.Die moordenaars het elektirese toebehore gebuit en gevlug in Wheeler se voertuig.Die polisie is op die spoor van vyf mense wat met die voorval verbind word. Lees verder

13 Maart 2010 - Albert van Deventer (63)

Mnr. Albert van Deventer, wat op sy plaas doodgeskiet is, ’n week voor sy dood saam met sy kleindogter, Lyandi van der Merwe (3). Die man wat die naweek in Limpopo op sy plaas vermoor is het “meer as een keer” aan sy dogter gesê daar gaan iets met hom en sy vrou gebeur.Mnr. Albert van Deventer (63) is Saterdagaand op sy wildplaas, Langwater, naby Vaalwater doodgeskiet. Lees Verder

14 Maart 2010 - Lynette Ralfe (68)

Durban - ’n Verdere twee verdagtes is Maandag in verband met die aanval op ’n boer en die moord op sy vrou in Colenso in hegtenis geneem, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.Die twee verdagtes het glo die boer se vuurwapen in hulle besit gehad, wat na bewering gedurende die plaasaanval gesteel is, het sup. Jay Naicker gesê.Die boer, Nigel Ralfe (70), is Sondagaand twee keer deur die aanvallers geskiet. Hy het die voorval oorleef, terwyl sy vrou Lynette (68) vermoor is.Luidens ’n verklaring wat Maandag deur die Demokratiese Alliansie (DA) uitgereik is, is daar aanvanklik vier verdagtes in verband met die aanval vasgetrek.Naicker het Dinsdag egter bevestig dat daar inderwaarheid ses verdagtes in hegtenis geneem is. Lees verder

19 Maart 2010 - Koos van Staden (60)

Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik, ’n wildkamp sowat 20 km buite Brits in die Noordwes, is Vrydagnag in sy slaapkamer vermoor.Hy is geskiet terwyl hy gespook het om sy vrou, Heleen (57), teen hul aanvallers te beskerm.Die deur van die slaapkamer was gesluit, maar die rowers het dit met geweld oopgeskop. Van Staden het die deur met “al sy krag” probeer toehou. Die rowers het in die struweling twee skote deur die kamerdeur geskiet.Van Staden het ook op die aanvallers geskiet, waarna hulle gevlug het. Lees verder

23 Maart 2010 - Jan (Assie) van As (49)

’n Pa van East Lynne, Pretoria, wat vyf keer in die bors geskiet is, het eergisteroggend tot die dood baklei om sy lewensmaat en seuntjie teen drie gewapende rowers te beskerm.“Dêdda se groot seun, jy moet mooi na Mamma kyk. Ek is lief vir jou,” het die sterwende mnr. Jan (Assie) van As (49) vir die vyfjarige Daniël gesê.Hy het ook vir me. Elsie Smit (37), sy lewensmaat, gesê hy is baie lief vir haar. “Toe hoor ek hom roggel.”Die aanvallers het Van As en Smit eergisteroggend net voor 03:00 in hul bed in hul huis in Uilstraat wakker gemaak. “Die volgende oomblik het ek die drie elk met ’n vuurwapen in die hand sien staan. Hulle het gesê ons moet stilbly en het geld en vuurwapens gevra.”Van As het dadelik die kluis oopgesluit en vir hulle R4 000 wat daarin was en vier selfone gegee. Lees verder

29 Maart 2010 - Hilda Kotzé (80)

’n Bejaarde oudhoof van die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, is gisteroggend met haar keel afgesny in haar woonstel in Potchefstroom gekry.Dr. Hilda Kotzé, wat op 19 Maart haar 80 geword het, se hande en knieë was met ’n vadoek vasgebind waaroor kleefband geplak was.Sy is in ’n sit/hurkposisie langs haar bed gekry met die enkele snywond aan haar keel, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.’n Aanryete-afleweraar van Potchefstroom se dienssentrum vir bejaardes het op Kotzé se lyk in die Siesta-woonstelle op die hoek van Retief- en Walter Sisulustraat afgekom. Sy was in slaapklere en ’n kamerjas geklee.Die afleweraar het volgens Myburgh onraad gemerk toe die ete wat hy die vorige dag afgelewer het nog voor die deur gestaan het. Die deur was nie gesluit nie.Mev. Antoinette Christiani, opsigter van die woonstelle, het gesê Kotzé het langer as tien jaar daar gebly. Lees verder