Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende Junie 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.


Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging



3 Junie 2010 - George Cronjé (48)



George Cronjé (48)

Pa doodgeskiet en kollega gewond toe hul verdwaal

2010-06-03 22:07

Buks Viljoen ’n Inwoner van Bethal, die pa van twee kinders, is gisteroggend in vreemde omstandighede in Komatipoort doodgeskiet.’n Veiligheidswag het mnr. George Cronjé (48) glo twee keer in die bors geskiet en sy kollega mnr. Charles Slabbert (45) in die gesig, bors, arm en hand gewond.Cronjé, ’n areabestuurder van Sandvik Mining in Delmas, en Slabbert was op ’n sakebesoek aan ’n myn by Komatipoort. Die twee mans het eergisteraand glo in ’n plaaslike restaurant gekuier en was kort ná middernag op pad na die Komati River Chalets toe hulle blykbaar verdwaal het.Volgens sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, beweer die veiligheidswag hy het die twee mans gekry waar hulle in ’n wit Nissan Pathfinder langs die treinspoor in Suiddorp, Komatipoort, gery het.

Luidens die beampte se verklaring aan die polisie het die twee mans hom aangeval, uit sy voertuig gepluk, aangerand en ook ’n vuurwapen op hom gerig.Die veiligheidswag het verskeie skote met sy 9 mm-pistool op Cronjé en Slabbert geskiet.Hy het aan die polisie gesê die mans het weggehardloop en in hul bakkie gespring.Hy is na die polisiekantoor om ’n klag van aanranding teen die mans in te dien.By die polisie se aankoms op die toneel het hulle die swaar gewonde Slabbert aangetref waar hy langs die voertuig teen ’n boom gesit het.Cronjé het op die passasiersitplek gesit en was reeds dood. Slabbert het in ’n voorlopige verklaring aan die polisie gesê hulle het verdwaal terwyl hulle na die gastehuis op pad was.Volgens hom het ’n voertuig langs hulle ingetrek en is verskeie skote op hulle geskiet.

Hy beweer hy het na die naaste dorpshuis toe gejaag om hulp te kry. Slabbert het glo aanvanklik nie besef hy is raak geskiet nie. Hy het ook eers later agtergekom Cronjé is dood.Die polisie het gesê Onderberg-sekuriteit doen gereeld patrolliediens by die spoorlyn omdat diefstalle gereeld daar plaasvind.Ná die skietvoorval het lede van die Onderberg-tak van die polisie se honde-eenheid die toneel gefynkam. Hulle kon nie ’n vuurwapen by die twee slagoffers kry nie.Die polisie het die veiligheidswag op die toneel in hegtenis geneem en op sy pistool beslag gelê. Beeld het intussen vasgestel ’n dokter het verskeie beserings aan sy liggaam en gesig gevind en sy neus is blykbaar gebreek.Cronjé se Sandvik-kollegas het hom gister as ’n “streng, maar baie regverdige” kollega beskryf.“Hy was ’n ware vredemaker wat almal graag gelukkig wou sien.”Cronjé was twee maande gelede lid van ’n groep vriende wat die Mighty Men-kongres bygewoon het.

Cronjé laat sy vrou, Lorina, en kinders, Melissa (21), ’n student aan die Universiteit van Pretoria, en Gustav (18), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Hoogenhout in Bethal, agter.Die veiligheidswag, mnr. Arnold Mthethwa, het gister vlugtig in die hof in Komatipoort verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie en die verrigtinge is vir verdere ondersoek uitgestel. Hy is op eie verantwoordelikheid vrygelaat.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Pa-doodgeskiet-en-kollega-gewond-toe-hul-verdwaal-20100603



5 Junie 2010 - Gert du Toit (34)



Sers. Gert du Toit (regs) staan by sy broers, Kobus (links), Danie (tweede van links) en Francois.
Dié foto is in Maart vanjaar tydens ’n familiebyeenkoms geneem.



‘My broer het as ’n held gesterf’

2010-06-07 22:26

Hilda Fourie ‘Ou Gertjie, ou Gertjie. Een is weg, een is weg. Nie weer nie, nie weer nie”.So het die bejaarde pa van sers. Gert du Toit (34) eergister sy seun se dood betreur. Du Toit was ’n lid van die K9-eenheid in Johannesburg wat Saterdag deur transitorowers in Protea-Suid, Soweto, in ’n oor-en-weer skietery doodgeskiet is.Mnr. Danie du Toit (38), sers. Du Toit se broer, het gister gesê hul pa, ook Gert (70), wat gevorderde Alzheimersiekte het, besef iets is nie reg nie.Danie sê sy broer het as ’n held gesterf. “Hy het nie net eenkant gesit en niks doen nie. Toe sy kollegas hulp nodig gehad het, het hy re­spond en daarvoor het hy met sy lewe betaal.”’n Polisielid het Danie Saterdag omstreeks 09:30 gebel. Dié lid het eintlik sy ma, Ronel (65), gesoek. Danie het dadelik onraad vermoed.

Nadat hy die nuus oor sy broer se dood gehoor het, was sy eerste gedagte: Hoe vertel hy dit vir sy ouers?Hy het sy broer Francois (36), by wie sy ouers in Kempton Park gekuier het, gebel om hulle dit te vertel.Danie sê sy broer was ’n “harde ou­tjie”. Sers. Du Toit is ná skool na die polisiekollege in Pretoria. Ná sy opleiding het hy in Cleveland, Johannesburg, in die enkelkwartiere gebly.“Oral teen sy mure was net plakkate van polisiemotors en -kentekens,” het Danie gesê.“Dit was sy passie, sy trots. Hy het vir my gesê hy wil kyk in hoeveel eenhede hy kan wees. Hy was by die bikes, die berede eenheid, blitspatrollie en nou by die honde-eenheid. Hy het altyd alles gegee.“Gert het misdaad gehaat. Hy het dit sy missie gemaak om alles te doen om misdadigers vas te trek. Polisieman is al wat hy wou wees. Hy het doodgegaan in die werk wat hy wou doen.”Nog ’n polisieman, konst. Musa Arthur Kefwa, en twee veiligheidswagte van die Protea Coin-veiligheidsmaatskappy is in Saterdag se skietery gewond.Een van drie verdagtes wat weens Du Toit se moord vasgetrek is, het gister vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn, berig Sonja van Buul.

Die saak teen dié verdagte van Vereeniging wat glo as veiligheidswag vir Protea Coin gewerk het, is uitgestel na 24 Junie. Dit is nie bekend of hy die man is wat vroeër in ’n soortgelyke strafsaak op borgtog vrygelaat is nie.’n Bron na aan die polisie-ondersoek het gesê die twee ander verdagtes is steeds in die hospitaal en sal, afhangend van hul herstel, onderskeidelik op 14 en 17 Junie vir die eerste keer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.Volgens die bron is dié verdagtes nog in die hospitaal, waar hulle behandeling ontvang vir beserings wat hulle tydens die transitorooftog opgedoen het. Dié twee is nie polisiebeamptes nie. Die moontlikheid word nie uitgesluit nie dat polisielede wel deel was van die groep van byna 15 transitorowers wat vir Du Toit se dood verantwoordelik is.

Sers. Du Toit laat nog ’n broer, Kobus (33), sy vrou, Alicia, en ’n stiefdogter, Caitlan (6), agter.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/My-broer-het-as-n-held-gesterf-20100607



11 Junie 2010 - Gerhard van Jaarsveld (48)




Mnr. Rudolph Terblanche glimlag nog, ondanks al die pyn nadat hy verlam gelaat is toe hy tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is.
Foto’s: Alet Pretorius


Dís hoe ’n mens voel as jy sterf’

2010-07-13 23:17

Hilda Fourie Nadat ’n Pretoriase man tydens ’n huisrooftog in die nek geskiet is, het hy plat op sy gesig geval en kon hy nie eens ’n pinkie verroer nie.Al wat mnr. Rudolph Terblanche (47) om hom kon hoor, was gille, smeke en skote.Terblanche is verlam gelaat ná die aanval sowat ’n maand gelede in sy huis op ’n kleinhoewe in Willowbray, in die ooste van Pretoria. Hy het eers later uitgevind mnr. Gerhard van Jaarsveld (48), sy vriend, is doodgeskiet en dat me. Elrene Jones (40), sy lewensmaat, in die skouer en die kuit geskiet is.Terblanche was eers eergister daartoe in staat om met Beeld oor die gebeure te praat.Hy het vanuit sy hospitaalbed in die Eugène Marais-hospitaal vertel hy het slegs gevoel tot bo sy borsbeen en in dele van sy voorarms.

Die drie het op 11 Junie, met die afskop van WB 2010, by Terblanche se huis gebraai.“Ons het lekker gekuier, vuur gemaak en lekker gesels. Ons was nie op moord en doodslag ingestel nie,” het Terblanche gesê.“Ek het al baie in die tuin gebraai ondanks berigte op TV en in die koerante dat dit is waar misdadigers jou oorval. Dít is mos iets wat met ander mense gebeur.”Terblanche, Jones en Van Jaarsveld was in die kombuis besig toe twee misdadigers by die oop veiligheidshek ingestap het.“Al wat ek gesien het, was skietgoed. Ek het gedog daar is nog ’n kans om met die manne te praat en vir hulle gesê hulle moet vat wat hulle wil, maar hulle het net begin skiet. “Hulle het niks gesê nie.”Een het Jones in die skouer geskiet, terwyl Terblanche die ander een stormgeloop en sy hand gegryp het waarin die vuurwapen was.“’n Skoot het geklap, toe is ek man down,” het Terblanche gesê. “Verder was daar gille, smeke en skote.

Ek het plat op my gesig gelê en kon vir die res van die aand nie eens ’n pinkie roer nie.“Ek het gedink dit is hoe dit voel as jy doodgeskiet word. Ná ’n rukkie het die doodgaanproses vir my ’n bietjie lank begin vat.”Terblanche het eers ná die tyd uitgevind daar was vyf mans in sy huis.Dr. Deodat Maré, sy dokter, het gesê Terblanche is in die nekspier geskiet en ’n werwel is getref, “wat sy rugmurg so geskud het dat dit permanent beskadig is”. “As iemand my bobeen met ’n slagtersmes afsny, sal ek dit nie voel nie,” het Terblanche gesê.Tog is hy vasbeslote om eendag weer te loop.Hy is in aanhoudende pyn omdat hy krampe kry op die plekke waar hy gevoel het.Terblanche het sowat ’n week gelede met rehabilitasie begin. Hy sal minstens drie maande daarvan moet deurgaan.Sy hospitaalplan voorsien slegs vir 27 dae se rehabilitasie. Daarby moet hy ook nog ’n rolstoel kry, wat hy nie kan bekostig nie. “Ek het nie hiervoor beplan nie,” het Terblanche gesê.




Die x-straalfoto heel regs wys waar Terblanche in die nek geskiet is.