Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor 'n paar moorde en 'n uiters barbaarse aanval gedurende Januarie 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.

Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging

5 Januarie 2010 - Koos (63) en Retha (66) van Zyl

Erik van Zyl, 'n seun van die vermoorde egpaar Koos en Retha van Zyl ’n Vrystaatse boer en sy vrou is Dinsdagaand met hul eie haelgeweer doodgeskiet nadat hulle wreed met ’n vleishaak aangeval is.’n 27-jarige voormalige plaaswerker van mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is eergister weens die moorde in hegtenis geneem. Die egpaar se plaas is tussen Senekal en Steynsrus.Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die rooi Chevrolet Aveo-sedan van die egpaar se dogter, Marietjie, aangekeer. Lees verder


8 Januarie 2010 - Kitty Botha (83)

Me. Kitty Botha (83) se lyk is Vrydagaand buite haar slaapkamer in haar huis in Lyttelton gevind. Dit blyk dat sy verwurg is.Bure het die brand omstreeks 20:30 opgemerk en dit met tuinslange probeer blus, aldus haar seun, dr. Johan Botha.Die brandweer het kort daarna opgedaag en die brand onder beheer gebring.Volgens dr.  Botha is die huis-inhoud  deurmekaar gekrap, maar dit lyk nie of iets vermis word nie. Lees verder


13 Januarie 2010 - Ria van den Bergh (65)

’n Bejaarde vrou van Hermanstad in Pretoria is gisteroggend oorval en doodgeslaan vir ’n selfoon terwyl sy vermoedelik skottelgoed gewas het.Mev. Ria van den Bergh (65) van Welthagenstraat se buurman het haar lyk gister ná 10:00 ontdek.Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Jan van den Bergh, die vermoorde se man, het gesê hy is gisteroggend om 06:00 werk toe.De Bruin het gesê toe mnr. Van den Bergh die huis verlaat het, was ’n werker besig om op sy huis se dak te werk. Lees verder

15 Januarie 2010 - Kobus Snyman (42)

Mnr. Kobus Snyman en sy vrou, Leenette, en hul dogters, Lenika (16) en die tienjarige tweeling Britney (links) en Kendra.Drie gewapende rowers het ’n tienjarige tweeling van Midrand met vuurwapens teen die kop aangehou en toe hul pa voor hul oë dood­geskiet.Mnr. Kobus Snyman (42) is in die hart geskiet. Sy ouer dogter, Lenika (16), en sy vrou, Leenette (38), het ook gesien hoe hy geskiet word.Die rowers het Snyman se skoonma en skoonsuster, mev. Shirley (57) en me. Debbie van der Vyver (34), en ’n vriendin, me. Eureke Kriel, ook aangehou.Die vroue en kinders het Vrydag omstreeks 22:30 op die stoep van Snyman se huis in Allanweg in Glen Austin gesit en kuier toe die rowers toeslaan.Snyman was in die sitkamer waar hy voor die TV aan die slaap geraak het. Lees verder

22 Januarie 2010 - Johan Venter (59)

Middelburg. – ’n Boer (59) is dood en sy vrou ernstig gewond in ’n plaasaanval gisteroggend net buite dié dorp in Mpumalanga.Mnr. Johan Venter is in die kop geskiet. Sy vrou, Rentia (60), is in die maag en arm gewond. Sy was teen gister in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die Life Health Midmed-hospitaal in Middelburg.Die voorval het in die vroeë oggendure op die Venters se plaas, Keerom, aan die Stofbergpad plaasgevind.Die aanvallers, twee mans, het by die huis ingekom deur een van die hoofslaapkamer se vensters oop te dwing. Lees Verder

22 Januarie 2010 - Koos van Staden (55)

Boef skiet Oos-Randse dokter dood, wond makker’n Middeljarige mediese dokter van Kempton Park wat reeds jare sy praktyk in Van Riebeeckpark bedryf, is Vrydagaand deur een van twee aanvallers by die agterdeur van sy huis doodgeskiet.Dr. Koos van Staden (55) is net ná 20:00 by sy huis in Amarillolaan, Edleen, oorval. ’n Bakleiery het ontstaan en een van die aanvallers het Van Staden vier keer in die bors geskiet, het konst. Nelda Hlase, polisiewoordvoerder, gistermiddag gesê. Lees verder

23 Januarie 2010 - Ernest Giesekke (69)

Bloemfontein. – ’n Afgetrede doktor in chemie is met ’n groot rots teen die kop geslaan, sy keel is afgesny en hy is met ’n skerp voorwerp gesteek.Dr. Ernest Giesekke (69) se lyk is gisteroggend op die plaas Goodhope naby Ficksburg gekry.Die moordenaars het net R50 en ’n selfoon gesteel.Drie verdagtes is sowat ses uur ná die aanval in hegtenis geneem nadat plaaslike inwoners en die polisie saamgewerk het.Giesekke se vrou, Eve (77), het in die bed gebly toe haar man om 05:45 uit die huis is om beeste te voer en vas te stel of die besproeiingstelsels werk.Die Giesekke-egpaar verbou laventel en bessies, berig Gavin Boy. Lees verder

24/25 Januarie 2010 - Elsa Blignaut (83)

Twee dae nadat ’n vrou van Brooklyn in Pretoria 83 jaar oud geword het, is sy verwurg in haar bed in dié voorstad gevind.Me. Elsa Blignaut was vermoedelik al ’n dag lank dood toe familielede en vriende gisteraand omstreeks agtuur op haar lyk in haar huis op die hoek van Lange- en Tramstraat afgekom het.Mnr. Japie Viljoen, wat saam met Blignaut se broerskind mnr. Sakka Blignaut na die huis gejaag het, het gesê hy het in die kamerdeur gestaan, die lig aangesit en gesien wat gebeur het.“Ek het omgedraai en gesê sy is weg,” het Viljoen gesê. Lees verder

25 Januarie 2010 - Theresa Eksteen (51)

Stilfontein. – ’n Vrou is gisteroggend net ná middernag in haar huis op die oewer van die Vaalrivier met ’n panga aangeval en vir dood gelos.Mev. Theresa Eksteen (51) was teen druktyd in ’n stabiele, maar ernstige toestand.Sy word in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike private hospitaal verpleeg.Eksteen is gister geopereer en penne is onder meer in haar beseerde hand geplaas.Volgens haar familie ly sy steeds aan erge skok en verduur sy heelwat pyn. Lees verder

30 Januarie 2010 - Bossie Bezuidenhout (45)

Minute nadat die vyfjarige Lauren Bezuidenhout van Nelspruit die afgelope naweek dié gebedjie opgesê het, is haar pa, Bossie (45), doodgeskiet.Kort voor die moord het mnr. Bezuidenhout, sy vrou, Karen (39), en hul kinders, Lauren en Jarrod (11), saam in die kombuis melkskommel gedrink. Mnr. Bezuidenhout se ma, Tina (65), was elders in die huis doenig.Die gesin het Saterdag in hul nuwe dubbelverdiepinghuis in die gesogte Shandon Estates in Nelspruit ingetrek. Lees verder