Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent
in die media was gedurende Februarie 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig
al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die
plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat
nie eers die koerante gehaal het nie.
Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die
moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer
dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante
barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind,
behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.
Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.
Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien
dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.
Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging
3 Februarie 2010 - Francois Steenkamp (71)
’n Afgetrede kardioloog wat jare lank in die Medi-Clinic-harthospitaal in Arcadia
gewerk het, is wreed in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria vermoor.Dr.
Francois Steenkamp (71) is glo erg aangerand, sy kop stukkend geslaan en sy hande
agter sy rug vasgebind.Mev. Willemina Habile (60), Steenkamp se huiswerker, het
gister omstreeks 08:30 op sy lyk afgekom.Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder,
het gesê Steenkamp het ’n groot wond aan sy kop gehad en dit lyk of hy met sy moordenaars
gestoei het.
Lees verder
3 Februarie 2010 - Nick (63) en Elsie Els (58)
George. – ’n Egpaar wat vyf jaar gelede van Phalaborwa na Swellendam verhuis het
om veiliger te wees, is hier vermoor.Mnr. Nick Els (63) en sy vrou, Elsie (58),
se lyke is gisteroggend in hul huis op die hoek van Kerk- en Bloekomlaan in Swellendam
aangetref.Die egpaar is vermoedelik eergisternag vermoor. Hul tuinwerker het gisteroggend
op die toneel afgekom en die polisie ontbied.Die huiswerker het kort daarna opgedaag
en vir die polisie die agterdeur oopgesluit.
Lees Verder
3 Februarie 2010 - Koos van Staden (69)

Hoedspruit - 'n Boer van Hoedspruit in Limpopo is deur sy kamervenster koelbloedig
in die nek geskiet terwyl hy in die bed gelê en TV kyk het.Mnr. Koos van Staden
(69) het hom langs sy vrou, Henriette (66), doodgebloei. Hy sou in April 70 geword
het.Die onbekende aantal aanvallers het niks gesteel nie.Mev. Van Staden het met
haar pistool op die aanvallers teruggeskiet, maar hulle het weggekom.
Lees Verder
5 Februarie 2010 - Collin McLaud (63)
Twee vroue het hul buurman Vrydag dood in sy huis op ’n hoewe in Meyerton aangetref
nadat hy twee keer tydens ’n huisrooftog geskiet is.Mnr. Collin McLaud (63) is vermoedelik
aangeval terwyl hy besig was om tee te maak in die kombuis, het kapt. Shado Mashobane,
polisiewoordvoerder, gesê.Dit is nie bekend hoeveel aanvallers daar was of hoe hulle
toegang tot die huis verkry het nie.Volgens Mashobane het die twee vroue Vrydag
omstreeks 17:00 by McLaud se huis op sy kleinhoewe omgegaan om vir hom te sê hulle
gaan inkopies doen.
Lees verder
7 Februarie 2010 - Fanie Venter (60)
Johannesburg - ’n Bejaarde ma moes Sondag sowat 4km ver stap om te gaan hulp soek
nadat sy gehoor het hoe gewapende rowers haar seun op hul plaaswerf doodskiet.Fanie
Venter (60), ’n oujongkêrel wat saam met Hannetjie Venter (79), sy ma, op hul plaas
sowat 25 km van Bethal af gebly het, is gister omstreeks 08:30 deur rowers buite
sy huis oorval.Sakkie Pretorius, ’n jare lange familievriend, sê Venter en sy ma
was op verskillende plekke op die werf besig toe mev. Venter die booswigte sien.“Daar
was blykbaar drie van hulle. Sy het vir hom (Venter) geskree, maar hy het haar seker
nie gehoor nie. Die een het haar mond toegedruk.”
Lees verder
10 Februarie 2010 - Theunis (85) en Suzie (83) Venter

Ses bejaardes is die afgelope ses weke in Pretoria vermoor.Gisteroggend is die lyke
van ’n bejaarde egpaar in hul huis in Mayville gevind.Mnr. Hein Engelbrecht (33)
het gisteroggend op die lyke van sy oupa en ouma, mnr. Theunis (85) en mev. Suzie
(83) Venter, afgekom.Die egpaar, wat verlede week hul 59ste huweliksherdenking gevier
het, was vermoedelik al sowat 12 uur dood toe hulle gevind is.Mnr. Venter, wat erg
aangerand is, het op sy maag in die sitkamer gelê. Sy vrou, wat gesukkel het om
te loop nadat sy vroeër ’n beroerte gehad het, is vermoedelik verwurg. Engelbrecht
het haar lyk in die gang gekry.
Lees Verder
12 Februarie 2010 - Alice Botha (75)

Die moordenaars van ’n bejaarde vrou van Northmead, Benoni, was teen gister nog
op vrye voete.Mev. Alice Botha (75) is in die gang van haar huis dood weens ’n hou
teen die kop.Haar man, Jack, (ook 75) word in die hoësorgeenheid van die Unie-hospitaal
in Alberton behandel waar sy toestand gister nog as bedenklik bestempel is.’n Onbekende
aantal mense het die egpaar Vrydagnag in hul huis in Negende Laan oorval, het konst.
Ron Nchali, polisiewoordvoerder, gesê.Die egpaar se dogter, mev. Antoinette Jannecke,
het op hulle afgekom toe sy en haar vriend, mnr. José Vieira, van ’n fliek by die
huis gekom het.
Lees verder
14 Februarie 2010 - Colleen van Eck (60)
Sun City se bestuurder van openbare betrekkinge is vermoor gevind in haar woonstel
by dié oord net voor die begin van ’n internasionale mediese konferensie van die
sokkerbeheerliggaam Fifa.Me. Colleen van Eyk (60) is vermoedelik Sondagnag dood
nadat sy met ’n telefoonkabel gewurg en haar kop herhaaldelik teen ’n muur gestamp
is, het supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê. Die motief vir
die moord is onbekend.’n Werknemer van Sun City het eergister op Van Eyk se lyk
afgekom waarna die polisie ontbied is. Geen tekens van gedwonge toegang tot die
woonstel is glo gevind nie.Sy was vermoedelik besig om ’n boek te lees toe sy aangeval
is.
Lees verder
15 (?) Februarie 2010 - René Slater
Kaapstad - ‘n Vyftigarige boervrou se lyk is naby haar plaaswerf gevind. René Slater
van die Uitenhage-omgewing was sedert Maandagoggend (15 Februarie) vermis.Cerneels
Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê ‘n grootskaalse soektog is geloods na
Slater se voertuig sowat 13km van die plaas Vaalkrans opgemerk is.“Sy het net na
08:00 by die huis gery, en ‘n buurman het so 10:00 haar bakkie langs die pad opgemerk.”Pietersen
sê sowat 100 plaaswerkers, boere en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)
het die 13km tussen die voertuig en die plaashuis gefynkam.
Lees verder
19 Februarie 2010 - Jozua (70) en Esmé Booysen (54), Jerzy (George) Kanienski (60)
Die vlaag van moorde op bejaardes het die naweek voortgeduur toe nog drie mense
by hul huise in onderskeidelik Mokopane, Limpopo en Eldoraigne, Centurion, vermoor
is.Mnr. en mev. Jozua (70) en Esmé Booysen (54) is Vrydag deur rowers buite hul
huis op ’n mynperseel in Mokopane ingewag en met klippe doodgegooi.Die tuinwerker
van mnr. Jerzy (George) Kanienski (60), ’n ingenieur wat oorspronklik van Pole kom,
het eergisteroggend omstreeks 07:00 op Kanienski se bebloede lyk afgekom waar dit
in ’n gang in sy huis in Eldoraigne gelê het.Kanienski se hande was met kabelbinders
vasgebind en daar was steekwonde aan sy liggaam.
Lees meer
25 Februarie 2010 - Pieter van Niekerk (40)
‘My Pappa. Ek is só lief vir Pappa, want Pappa is so liefdevol, so geduldig met
my, sorg elke dag vir my.”So het Stella van Niekerk (11) in ’n briefie afskeid geneem
van haar pa, Pieter (40), wat eergister in Springs, aan die Oos-Rand, doodgeskiet
is toe hy kapingslagoffers wou help.By Beeld se besoek gister aan Van Niekerk se
familie het sy ander dogter, Landi (6), in ’n sagte stemmetjie vertel hoe die mans
haar pa doodgeskiet het.“Hy wou ander mense help, maar toe skiet hulle hom ses keer,”
sê sy.
Lees verder
26 Februarie 2010 - Koos Els (46)

Koos, Hilda en hul 3 pragtige dogters!In hierdie foto: Hilda Els, Koos Els, Lucinda
Curtis, Cristal Els, George Duvenage, Illesia DuvenageHy het geld by ABSA getrek.
Hy is agtervolg tot op die Utrecht pad. Hy het so ewe pad gegee dat hul verby kon
ry. Die kar het voor hom ingeswaai en gestop. Mans het uitgespring. Hy het die geld
vir hulle gegee en hulle het hom steeds dood geskiet!
Lees Verder
26 Februarie 2010 - Etienne Cannaerts (61)
27 Februarie 2010 - Paul Dunn (49)

Boere dring weer op die herinstelling van die kommandostelsel aan nadat nóg twee
boere in Limpopo vermoor is.Mnr. Etienne Cannaerts (61), ’n Belg, is Vrydagmiddag
op sy plaas naby Lephalale (Ellisras) vermoedelik met sy eie sakmes keelaf gesny.In
die ander voorval is mnr. Paul Dunn (49), ’n plaasbestuurder van Constantia Produkte,
’n sitrusplaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen, in die vroeë oggendure Saterdag
in sy huis doodgeskiet.Vyf mense is in Februarie op plase in Limpopo vermoor.
Lees verder
27 Februarie 2010 - Marius Stadler (31)

Die polisie ondersoek ’n moordsaak nadat die lyk van ’n Bloemfonteinse man gisteroggend
vroeg in Willows gevind is.Mnr. Marius Stadler (31) se lyk is omstreeks 05:00 op
die hoek van Parfitt- en Victoriaweg gevind. Stadler het ’n meswond in die rug gehad
en die polisie vermoed die motief vir die moord is roof.Stadler se pa, mnr. Pierre
Stadler, sê sy seun het Saterdagaand met sy vrou en vier vriende na ’n kuierplek
in die middestad gegaan. Hy het glo die kuierplek verlaat om sigarette by ’n vulstasie
te koop en nooit teruggekeer nie.
Lees verder
28 Februarie 2010 - Ron Smith (70)
In die derde moord op die Limpopo-platteland binne vier dae is ’n bejaarde man van
Bela-Bela (Warmbad) se lyk gister op ’n hoewe buite die dorp gevind.Die polisie
het gisteroggend op mnr. Ron Smith (70) se lyk afgekom op sy bed in ’n rondawel
op ’n hoewe in die Droogekloof-gebied sowat 15km op die pad na Thabazimbi.Supt.
Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Smith se hande was aan die
bed se kopstuk vasgebind. Hy het ’n skietwond in die linkerknie gehad.
Lees verder