Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende Julie 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.


Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging



4 Julie 2010 - Johanna Magrietha (Hannie) Smit (77)




Mev. Hannie Smit (77)

Grootjie met ’n serp verwurg

Nicolize van der Walt Wolmaransstad. – ’n Oumagrootjie is verlede week vasgebind en dood in haar huis aangetref nadat sy op haar hoewe buite dié delwersdorp in Noordwes oorval en volgens die polisie vermoedelik met ’n serp verwurg is. Toe familielede verlede Sondagaand op mev. Hannie Smit (77) se lyk afgekom het, was sy op ’n stoel in die sitkamer vasgebind. Cheeky, haar worshondjie, het ongedeerd op die vloer langs haar gelê. “Dis moeilik om my ma in een sin op te som. Sy het altyd vir ander omgegee, altyd gesê die wraak kom ons nie toe nie en ek is doodseker as daar een mens is wat in die hemel is, is dit sy,” het mnr. Daniel Smit (37) van Witrivier gister gesê. Sy ma het byna 35 jaar op die hoewe gewoon.Mev. Smit se bankstate dui aan dat sy Sondag in die middagetensuur inkopies in die plaaslike Spar gedoen het waarna sy terug huis toe is. Niemand het haar daarna weer lewend gesien nie.“Ek bel altyd op ’n Sondagaand om te hoor hoe dit met haar gaan en te gesels. E

k het omstreeks sesuur gebel, maar daar was nie antwoord nie. Ek kon nie op die landlyn of selfoon antwoord kry nie.“Ek het later my suster Marianne gebel en sy het iemand wat altyd los werkies en instandhoudingswerk by my ma se huis gedoen het, gestuur om te gaan kyk wat fout is,’’ het mnr. Smit gesê.Hy het gesê haar aanvaller(s) het waarskynlik deur ’n venster geklim. “My ma se hande en voete was aan ’n stoel vasgebind en sy het serpe aan haar kop en nek gehad.’’ Volgens ’n familielid het sy geen letsels aan haar lyf gehad nie.Mnr. Smit het gesê die hele familie is woedend. “Dis beter dat ek in dié stadium eerder my gedagtes vir myself hou.”Hy het sy ma as selfversorgend bestempel en gesê sy het nog haar tuin versorg en self natgespuit. Sy het talle vriendinne gehad saam met wie sy graag gekuier het en wou nie die hoewe verlaat om in ’n versorgingsoord te gaan woon nie.“Dit is so onaanvaarbaar.

Daar is diegene wat daarmee te koop loop dat daar geen plaasmoorde tydens die Wêreldbekertoernooi was nie. Dis twak.“My ma sou niemand skade aandoen nie. Sy sou hulle gegee het net wat hulle wou hê. Sy sou hulle ook mooi gevra het om haar nie dood te maak nie. Sy was fisiek nie sterk nie, sy was al oud.”Haar aanvaller(s) het in die dae ná die moord verskeie kere in onder meer Klerksdorp geld getrek met mev. Smit se bankkaart.Kapt. Adele Myburgh, provinsiale woordvoerder, het die aanval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mev. Smit word oorleef deur twee seuns, drie dogters, 11 kleinkinders en een agterkleinkind.Sy word vandag om 11:00 uit die Pinkster Protestante Kerk in Wolmaransstad begrawe.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Grootjie-met-n-serp-verwurg-20100712





15 Julie 2010 - Christopher Early (69)
en sy vrou, Jennifer (62)


Lyke in kattebak: Kapmes gebruik

Durban. – ’n Kapmes en vuur­wapen is moontlik gebruik in die gru-moord einde verlede week op ’n afgetrede egpaar van die KwaZulu-Natalse suidkus.Die polisie het bekend gemaak die slagoffers van die huisrowers was mnr. Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62), van Hibberdene nadat hul dogter in die VSA opgespoor is.Die egpaar se lyke is Donderdagaand in die kattebak van hul wit Volvo sowat 6 km van hul huis in die woonbuurt Woodgrange gevind nadat ’n verbyganger die motor in ’n sloot langs die pad gesien het.Dit is eers vir ’n motorongeluk aangesien totdat die polisie bokse vol goedere op die agtersitplek gewaar en ondersoek ingestel het.Dit was toe dat die lyk van mnr. Early, wat net in ’n T-hemp en onderbroek gekleed was, in die kattebak ontdek is.

Sy vrou se naakte lyk het onder sy lyk gelê.Lt.kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gister bevestig dat mnr. Early ook kapwonde aan sy lyf gehad het benewens wonde wat met ’n stomp voorwerp toegedien is.Mev. Early is met ’n vuurwapen in die bors geskiet.Die polisie het vroeër gesê die egpaar is die middag oorval by hul huis, wat weens die digte plantegroei in die tuin nie duidelik van die pad sigbaar is nie.In die huis het ’n bloedspoor wat van vertrek tot vertrek gelei het getuig hoe die slagoffers rondgesleep is.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lyke-in-kattebak-Kapmes-gebruik-20100719


22 Julie 2010 - Graham Lizamore (62) and Ms Kathleen (Kate) Lizamore  (50)


(Geen Afrikaanse koerantberig oor die voorval beskikbaar nie)


Newspaper pioneers brutally murdered


NELSPRUIT - The founders of Barberton Times, Mr Graham Lizamore (62) and Ms Kathleen (Kate) Lizamore  (50), were brutally murdered in their home in Pinetown in KwaZulu-Natal last week.The couple had been working in the media industry for many years and got Barberton Times off the ground in 2001. They moved from the Eastern Cape to Durban barely two months ago where Ms Lizamore started working for Independent Newspapers.Their decomposing bodies were discovered on top of a toilet in a bathroom on Friday. Preliminary reports suggest that Mr Lizamore was strangled. A refuse bag was covering Ms Lizamore’s head - indicating that she might have  suffocated. The bodies were later moved to the bedroom where they were carefully examined.


No signs of forced entry could be found to their home in Moseley Park. A TV and even a handbag remained untouched in the lounge. The couple was last seen by a neighbour in the complex on Wednesday. Phone calls by family members remained unanswered and a sister of Mr Lizamore went to their home on Friday where she made the gruesome discovery at about 14:30. She was severely traumatised and is currently being hospitalised.The houses are situated close to one another and neighbours said that one could easily have heard screams from that distance. Two cases of murder are being investigated. Ms Michélle Sephton, who was part of the Barberton Times team, described Mr Lizamore as a patient, kind person who had so much love to give. "Kate and Graham were an inspiration to many and made Barberton Times rise out of the ashes like a phoenix, despite many Barberton residents saying that it was an impossible task. They were true pioneers in more ways than one."


http://www.lowvelder.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=1910:newspaper-pioneers-brutally-murdered&catid=34:news&Itemid=98



31 Julie 2010 - Giovanni Peripoli (74)




Giovanni Peripoli (74)

Vermoor met nuwe mes

Tom de Wet Virginia. – “Bring asseblief vir my ’n kussing, die grond is baie hard,” was die laaste woorde van ’n bejaarde man van dié dorp aan sy vrou terwyl hy met gapende wonde op die plaveisel in die agterplaas van sy huis gelê het.Mnr. Giovanni Peripoli (74) van Virginiaweg 55 is eergister helder oordag in dié besige straat deur ’n jong man met ’n nuwe slagtersmes aangeval.Die kartonhouer waarin die nuwe mes gekoop is, is ook op die misdaadtoneel gekry.Peripoli is drie keer in die maag gesteek en met elke messteek is die mes gedraai sodat dit volgens paramedici op die toneel gelyk het of sy hele maag van kant tot kant oopgesny is.Mev. Lina Peripoli het gesê sy was in die kombuis besig toe haar man omstreeks 10:30 van die dorp af teruggekom het. Hy was onder meer by die bank.“Ek het hom my naam ’n paar keer hoor roep en is na die agterplaas, waar ek hom in ’n groot plas bloed op die plaveisel gekry het.

Ek het hom probeer help, maar moes ook terughardloop om die ambulans en polisie te bel.“Sy laaste woorde aan my was om ’n kussing te vra – die grond was baie hard en koud.”Peripoli is deur paramedici van Netcare 911 op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Oppenheimer-hospitaal in Welkom gebring en om 12:20 daar dood is.Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê volgens ’n ooggetuie het ’n jong man oor die hek gespring net nadat Peripoli by die huis gekom en die hekke agter sy motor toegemaak het.Die moordenaar is op die dieselfde manier weer uit die erf en het om die hoek in ’n wagtende motor, vermoedelik ’n swart Chevrolet, gespring en ontvlug. Niks is gesteel nie.Peripoli het baie jare lank as myner op Virginia gewerk en die egpaar het al hul kinders op die dorp grootgemaak. Hy het meer as 20 jaar gelede afgetree.Hy word benewens sy vrou deur twee seuns en twee dogters – Diego van Tanzanië, Gregory van Bloemfontein, Sonja van Pretoria en Lollie van Virginia – en twee kleinkinders oorleef.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoor-met-nuwe-mes-20100801



31 Julie 2010 - Chrissie Harmzen (70)

Ouma sterf ná wrede aanval helder oordag

Erna van Wyk “Totsiens, my ou maat van 50 jaar.”Dit is hoe ’n gebroke mnr. Johan Harmzen gisteroggend omstreeks 03:00 sy vrou, Chrissie (70), gegroet het toe sy breindood verklaar is ná ’n wrede aanval Vrydag.“Hulle het regtig vir mekaar geleef,” het hul dogter, mev. Marlene Fick, gistermiddag gesê.Haar ma het in die Midmed-hospitaal in Middelburg aan haar beserings beswyk.Mev. Harmzen is helder oordag buite haar huis net buite Burgersfort in Mpumalanga aangeval. Sy het tydens ’n selfoongesprek aan haar skoondogter, Lena, gesê sy kry koud en gaan ’n bietjie buite die huis in die son staan.Sy is egter oorval, al was haar vyf jack russell-honde by haar.“Ek vermoed daar was meer as een aanvaller en hulle wou waarskynlik by die huis inbreek toe my skoonma uitgekom het,” het Fick se man, Hennie, gesê.Die aanvaller(s) het mev. Harmzen in die gesig en op die bors geslaan. Sy het ’n noodknoppie gedruk, waarna die aanvallers met die noodknoppie-beheertoestel, haar selfoon en ’n bos huissleutels gevlug het.

Fick het voor die aanval met haar ma op die selfoon gepraat. Toe sy later weer bel om vir haar nog iets te sê, het ’n man geantwoord. “Ek kon nie uitmaak wat hy sê nie. Ek het weer gebel, toe sê hy dis ‘Lucas’ wat praat. “Ek bel toe my pa, wat my gesê het my ma is aangeval. “Ek het weer haar foon gebel en aan die man gesê hy is ’n lafaard. “Hoekom het hy nie net haar foon gevat nie? My ma was ’n kort vroutjie wat skeefgetrek was van die rumatiek. Hulle kon net die foon by haar gevat het. Dit was nie nodig om haar so aan te rand nie.”Haar man sê oor die aanval dit is “nie honger wat mense dryf nie, eerder boosheid”.Mev. Harmzen word oorleef deur haar man, drie kinders, hul gades en sewe kleinkinders.


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Ouma-sterf-na-wrede-aanval-helder-oordag-20100807