Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Moord Grafieke / Statestieke
Hierna volg 'n grafiek van die aantal moordslagoffers per ouderdomsgroep. Let daarop dat die inligting, aangepas is om die jongste beskikbare gegewens te vertoon.
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.

Of vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer: 
0860 104 297
Faksnommer:          
0865 369 953
e-posadres:                
inligting@projek2010.co.za

Posadres:         
Collinslaan 1241
Moregloed
Pretoria
0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rekening Naam:    Oranjekas
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Dit is baie belangrik dat u die verwysingsnommer inskryf wanneer n deposito gemaak word
Aantal Besoekers

free counters
Hier volg 'n kort en kragtige oorsig oor die moorde wat prominent in die media was gedurende Augustus 2010. Let deeglik daarop dat dit nie noodwendig al die voorvalle is wat plaasgevind het nie! Hierdie voorvalle is almal deur die plaaslike koerante bekend gemaak. Daar sal egter nog verskeie voorvalle wees wat nie eers die koerante gehaal het nie.

Dit is belangrik om nie net na getalle te kyk nie, maar eerder na die aard van die moorde. Wanneer daar gepraat word oor volksmoord, word daar deur sommige geredeneer dat die hoeveelheid voorvalle nie genoeg is nie. Word daar egter gelet op die blatante barbaarsheid en doelgerigdheid waarmee die aanvalle, marteling en moorde plaasvind, behoort hierdie moorde van ander soorte misdaad onderskei te word.

Dit is niks anders as volksmoord onder die dekmantel van misdaad nie.

Help met die verspreiding van hierdie inligting. Dit is ons plig om toe te sien dat hierdie ongeregtighede nie ongesiens verby gaan nie.


Werner Smook
Projek 2010
'n Projek van die Verkennersbeweging

3 Augustus 2010 - Koos Daffue (46)




Die bakkie van die vermoorde mnr. Koos Daffue (46) van Ellisras nadat dit buite die dorp omgeslaan het.



Boer vermoor in koeëlreën


Marietie Louw-Carstens ’n Beesboer is gisteroggend buite Lephalale (Ellisras) in ’n koeëlreen doodgeskiet. Mnr. Koos Daffue (46) het minder as 3 km van Lith, sy plaas, gesterf.Hy is op kort afstand agter die stuurwiel van sy bakkie vermoor. Mev. Johanna Daffue, sy ma, het aan Beeld gesê: “Dit was ’n beplande moord.”Daffue was om 05:40 van sy plaas op pad na die Medupi-kragstasie, waar hy as kontrakteur gewerk het.Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Daffue se aanvallers het op hom losgebrand toe hy oor ’n laagwaterbrug oor die Mogolrivier gery het. Dit is ’n enkelbaan waar slegs een voertuig op ’n keer kan ry. “Dit lyk asof hy ingewag is by die brug,” het Otto gesê.Die swaar gewonde Daffue het sowat 500 m verder met sy Toyota Hilux-bakkie gery, beheer oor die bakkie verloor en dit het omgeslaan.

Mnr. Kassie Lubbe, ’n familielid, het gesê 11 skote is op Daffue afgevuur. “Dit lyk asof die aanvallers, nadat hy op die brug geskiet is, langs die bakkie gehardloop en aanhou skiet het.”Otto het gesê Daffue is, nadat die bakkie omgeslaan het, nog vyf keer in die bolyf geskiet. Beeld verneem daar was onlangs glo ’n rusie tussen Daffue en plaaswerkers. Daar was glo ook onmin tussen hom en ’n kollega by die Medupi-kragstasie.Otto het gesê alle leidrade word ondersoek.Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Limpopo het voertuig- en skoenspore naby die bakkie gekry. Daffue se geskokte ma het gesê mense in die omgewing het “die baie skote gehoor”.“Mense wat ook op pad werk toe was, het gesien wat gebeur ... hulle het ons gebel,” het sy huilend gesê.

Niks is uit Daffue se bakkie gesteel nie. Die vakbond Solidariteit, waarvan Daffue ’n lid was, het gister in ’n verklaring ’n beroep op die polisie gedoen om die spesialis-eenhede weer in te stel.“Dit is duidelik dat die polisie nie die polisiemag doeltreffend kan aanwend nie,” lui Solidariteit se verklaring.Die Daffues het Saterdag nog Jurie, hul seun, se 21ste verjaardag gevier. “Hy was ’n gesinsmens. Hy sou enigiets vir enigiemand, enige tyd gedoen het. Hy was baie liefdevol,” het Lubbe gesê. Daffue laat sy vrou, Lydia en drie ander kinders, Jaco (18), Nonna (11) en Joanne (7) agter. mlouw1@beeld.com


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-vermoor-in-koeelreen-20100803



3 Augustus 2010 - Lorna Nienaber (49)


Rowers skiet vrou dood; wond dogter

Wolfram Zwecker ’n Onderwyseres van Nigel het gisteraand om haar lewe geveg nadat rowers haar ma koelbloedig doodgeskiet het en toe op haar losgebrand het.Die rowers het vermoedelik eers by ’n woonstel aan die huis in Van Oudtshoornstraat ingebreek, het ao. Madelein von Wielligh van die Nigel-polisie gesê.Mev. Lorna Nienaber (49), ook ’n onderwyseres, het blykbaar iets by die agterdeur gehoor en gaan ondersoek instel. Toe sy die deur oopmaak, is sy geskiet. Haar oudste dogter, me. Win-Ellen Nienaber (23), het dadelik gaan kyk wat gebeur. Die rowers het drie skote op haar geskiet. Sy is in die maag, skouer en been gewond. Sy het gistermiddag ’n noodoperasie ondergaan om die wond in haar maag te herstel. Haar toestand was gisteraand nog ernstig.“Ons is hartseer. Die leerlinge kry berading,” het mnr. Hannes Niewoudt, waarnemende hoof van Hoërskool John Vorster, waar die twee vroue onderwysers is, gisteraand gesê.Vriende en familie het mnr. Jan Nienaber gisteraand ondersteun. Laura-Lee, Jesse-Jay en Janie-Mari, sy ander dogters, is studente aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus. Nog niemand is in verband met die moord aangekeer nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-skiet-vrou-dood-wond-dogter-20100803




5 Augustus 2010 - Riana Schoeman (35)




Mev. Riana Schoeman, wat voor haar twee seuns doodgeskiet is, saam met haar man, Deon, en Martin (links, 6) en Johan (4).

‘Pappa, hulle het Mamma geskiet’

’n Ma is voor haar twee jong kinders doodgeskiet toe sy verbete baklei het om haar voordeur vir rowers toe te hou.Die koeël het deur ’n glasvenster in die deur getrek en mev. Riana Schoeman van Cullinan in die bors getref. Toe sy agter die deur val, het die aanvallers oor haar geklim en haar seuns, Martin (6) en Johan (4), gevra waar die geld en bankkaarte is. Die aanvallers het gevlug met ’n skootrekenaar en geld wat mev. Schoeman in haar broeksak gehad het.Toe mnr. Deon Schoeman (44) eergisteraand by die huis kom, het sy seuns oor hul ma se lyk na hom gehardloop en gesê: “Mamma is geskiet.”Mev. Schoeman sou volgende maand 36 jaar oud geword het. Sy was stelselbestuurder by die melkery Nkunzi Milky Way.Sedert die aanval eergistermiddag laat op ’n kleinhoewe by Brandbach buite Cullinan vertel die seuns aanhoudend en in besonderhede wat gebeur het.“Watter soort mens skiet ’n vrou voor haar kinders dood?” wou mnr. Schoeman gister weet.“Dit is vir my verskriklik dat hulle alles ervaar en gesien het ... My kinders het alles gesien.“Ek hoop ek kan hulle grootmaak dat hulle mense is soos wat hul ma was. En dat hulle oor die ding sal kan kom.”Mnr. Schoeman het eergisteraand omstreeks 18:30 van die werk af gekom. Hy het verby sy huis gery en gesien die ligte is af, maar nie onraad vermoed nie.Hy het stilgehou by sy ouers, wat oorkant die pad woon. Op pad huis toe het hy sy vrou gebel, maar haar selfoon het net gelui.“Toe ek by die huis kom, was die veiligheidshek en die deur oop,” het mnr. Schoeman gesê.“Ek het net stilgehou, toe kom die kleintjies by die huis uitgehardloop en sê: ‘Mamma is geskiet.’“Die oudste was vol bloed. Ek het by die huis ingestorm en haar agter die voordeur gekry. Sy het nie meer ’n polsslag gehad nie.”Mnr. Schoeman het sy pa, mnr. Gerhard Schoeman, gebel. Hulle het met haar na ’n plaaslike hospitaal gejaag, maar dit was te laat.“Ek vermoed Riana het by die huis gekom en die kinders se kleuterskoolgoed uit die motor gelaai en in die huis ingegaan,” het mnr. Schoeman gesê.“Hulle moes haar toe gestorm het. Ek glo sy het die deur toegedruk en dit is toe dat hulle haar deur die glas skiet. Ek dink sy het kwaai baklei om die kinders veilig te hou.“Nadat hulle haar geskiet het, het hulle in die huis ingekom en wou by die kinders weet waar die geld en bankkaarte is. Die kinders het gesê hulle weet nie.“Ek verstaan nie hoekom nie. Ons werk nie met geld nie en het goeie verhoudings met ons werkers om te keer dat so iets gebeur. Toe gebeur dit.”Volgens mnr. Schoeman is hy bekommerd oor die seuns en sou hy hulle gister vir berading neem.Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van moord en huisroof word ondersoek.


http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Pappa-hulle-het-Mamma-geskiet-20100806



7 Augustus 2010 - Louis Rothschild (43)



Mnr. Louis Rothschild, sy vrou, Aviva, en hul seuntjie, Levi (nou ’n jaar oud).

Rowers skiet Jhb-pa


Gloria Edwards ’n Man is eergisteraand in sy huis in Johannesburg deur rowers doodgeskiet terwyl hy en sy vrou besig was met aandete en hul baba gelê en slaap het.Mnr. Louis Rothschild (43) is in die bolyf geskiet toe hy die paniekknoppie wou druk nadat drie rowers die gesin omstreeks 20:00 in hul huis in Blair­gowrie, Randburg, oorval het.Volgens kapt. Cynthia Magoai, polisiewoordvoerder, het Rothschild se moordenaars met sy selfoon, skootrekenaar en beursie gevlug.Hy en sy vrou, Aviva, het in die kombuis aandete geëet toe die rowers ingebreek het. Levi, hul een jaar oue babatjie, het elders in die huis gelê en slaap, het Rothschild se ma, Pauline, gister gesê.Sy het gesê die gesin is nog erg getraumatiseer. “Dis ’n verskriklike ding wat gebeur het. Die rowers het nie eens gepraat nie, hulle het net geskiet ... Ons is net dankbaar ons kleinkind het veilig in sy kamer gelê en slaap.” Haar seun en skoondogter was “maar skaars twee jaar getroud” en hy laat ’n broer, David, wat in Engeland woon, en suster, Dorit, agter. ’n Private begrafnis is vir later dié week gereël.

Volgens mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, is Rothschild op die toneel dood verklaar. “Toe ons daar aankom, was die man se vrou druk besig om mond-tot-mond-asemhaling op hom toe te pas waar hy op die kombuisvloer gelê het. Ons het vir nog ’n halfuur probeer om hom by te bring.”Rothschild, wat tot onlangs opleidingswerk in die versekering- en finansiële sektor gedoen het, se neef, Lance, het hom as ’n “fantastiese jong man” beskryf wat “gelief was as man, pa en persoon”. “Dit is ’n sinnelose, lafhartige moord wat nou ’n eenjarige babaseuntjie sonder ’n pa agterlaat,” het Lance gesê.Hy het bygevoeg die gesin wil “sien dat geregtigheid geskied.”Magoai het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die saak word ondersoek.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-skiet-Jhb-pa-20100808


10 Augustus 2010 - Theuns (Whitey) Fourie (46)



Theuns (Whitey) Fourie (46)

Man aan boom gebind, vermoor

Marietie Louw-Carstens ’n Man van Tzaneen is aan ’n boom op sy hoewe vasgebind en met ’n panga en piksteel doodgeslaan.Mnr. Theuns (Whitey) Fourie (46) se bebloede lyk, met sy hande nog agter die rug vasgebind, is in sy tuin gekry. Twee van die vyf aanvallers wat hom eergisteraand ingewag en vermoor het, het ook ’n vrou op die hoewe verkrag, waarna hulle vir hulself in die kombuis kos gemaak het.Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is ná die verkragting in die kattebak van Fourie se Toyota Camry gelaai.“Sy het ná ’n hele ruk gehoor hoe ’n voertuig ry en dit stil word. Sy het haar losgewikkel en uit die kattebak gekom. Die vrou het sowat ’n kilometer na die naaste bure geloop en hulp gesoek,” het Otto gesê.Fourie het die afgelope 17 jaar by die Sonco-insleepdiens in Tzaneen gewerk. ’n Kollega van hom het gesê daar was baie bloed waar sy lyk gekry is. “Orals in die huis was ook baie bloed. ’n Kas langs die kluis was ook met bloed besmeer.”Fourie was met verlof en het eergister 21:00 van Pretoria teruggekom op die hoewe, sowat 5 km buite Tzaneen op die Agatha-pad, waar hy alleen in ’n huurhuis gewoon het. Mnr. Johan Fourie, sy broer en voormalige hoof van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in Limpopo, het gesê hy het Vrydag by hom in Pretoria gekuier.

Mnr. Rudi Sonnekus van Sonco-insleepdiens het gesê die aanvallers het die veiligheidshek by die agterdeur oopgebuig. “Die hele plek was bemors soos hulle hulself gehelp het met kos.”Fourie is glo oorval toe hy by die hek stilgehou het. Die vyf aanvallers het klapmusse gedra en pistole gehad. Hulle het hom herhaaldelik met die piksteel en panga geslaan.Otto het gesê Fourie en die vrou se selfone is gesteel. Die aanvallers het ook huishoudelike toerusting, waaronder ’n TV en DVD-speler, gesteel. “Hulle het die huis leeggemaak. Selfs sy tuimeldroër en wasmasjien is gesteel,” het ’n kollega van hom gesê.Die mans het ook ’n kluis in die huis oopgebreek en vermoedelik twee vuurwapens gesteel. Johan Fourie het gesê hy is “baie teleurgesteld” oor die moord. “Ek het dié soort goed altyd ondersoek ... en nou gebeur dit met iemand na aan my.”Sonnekus het gesê: “In die wêreld sal ’n mens nie weer so ’n lojale mens soos Whitey kry nie.” Die vrou is na die polisie-traumasentrum in Tzaneen geneem. Sy het gister behandeling in ’n hospitaal ontvang. Die polisie het ’n grootskaalse soektog na die moordenaars begin.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-aan-boom-gebind-vermoor-20100811





23 Augustus 2010 - Theo de Jager (43)

Man sterf toe hy twee agtervolg na inbraak

André Damons Pretoria - ’n Lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Maandagoggend tydens ’n skietery met inbrekers by Rietfontein aan die Wes-Rand doodgeskiet.Een van die misdadigers is gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.Volgens kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het Theo de Jager (43) omstreeks 10:00 gesien hoe twee mans ’n huis op ’n kleinhoewe verlaat.Toe hy ondersoek gaan instel, het hy agtergekom daar was ’n huisbraak.“Hy het die verdagtes agtervolg en ’n skietery het uitgebreek. Hy is in die kop getref en het later in ’n kliniek aan sy wond beswyk,” het Ernst gesê.Die vermeende rower is in die been gewond en na ’n plaaslike hospitaal geneem.Volgens Jorncy Page, voorsitter van die Muldersdrift-GPF, is De Jager se dood ’n tragiese verlies vir die GPF en die gemeenskap.“Hy was altyd ’n aktiewe lid van die gemeenskap behalwe vir die laaste paar jaar.Hy het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig en sy dood is ’n verlies vir almal.“Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?Wanneer gaan hulle begin werk skep vir mense, want dit help nie jy sluit almal toe nie.Skep werk en mense sal nie ander maniere kry om te oorleef nie.”Die polisie ondersoek ’n saak van moord. - Beeld


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-sterf-toe-hy-twee-agtervolg-na-inbraak-20100824



23 Augustus 2010 - Arrie Nel (29)

Wag by vulstasie geskiet




Me. Chrissie Blackaller (links), eienaar van die Sasol-vulstasie in Pelindaba, wes van Pretoria, vee die bloed op voor die deur nadat mnr. Arrie Nel gisteroggend hier doodgeskiet is.

Hilda Fourie

’n Veiligheidswag en pa van ’n twee maande oue baba is gister koelbloedig voor die deur van ’n vulstasie naby Pelindaba, wes van Pretoria, doodgeskiet.Mnr. Arrie Nel (29) van Rens-sekuriteit is glo eers in die bors geskiet. Nadat hy geval het, het die rower hom in die kop geskiet. Hy is minstens drie keer geskiet.Me. Chrissie Blackaller, eienaar van die Sasol-vulstasie waar Nel doodgeskiet is, het gesê die voorval het aaklige herinneringe vir haar teruggebring van haar seun, Walter (23), wat in Desember 2005 ook tydens ’n rooftog hier voor sy vrou, Yvonne, en suster, Jeanine, doodgeskiet is.Die vulstasie is by die T-aansluiting van die Kerkstraat-verlenging wat van Pretoria na Hartbeespoort loop. Die ander pad by die T-aansluiting loop na Pelindaba en dan Broederstroom.

Volgens Blackaller is Nel se moord op kringtelevisie opgeneem. Dit het omstreeks 09:00 gebeur.“Die een man was al in die winkel toe Arrie ingekom het,” het Blackaller gesê. “Die man het ’n koeldrank en koekies gekoop, betaal en sy kleingeld gekry, maar nie geloop nie.“Arrie was agter die toonbank besig om die naweek se geld in sakke te sit. Dit lyk die hele tyd of Arrie die ou by die toonbank dopgehou het.“Toe Arrie om die toonbank na buite loop, het die man ’n vuurwapen uitgehaal. Hy het agter Arrie aangegaan. Arrie was nog op die sypaadjie toe skiet hy hom. Toe Arrie val, toe skiet hy hom weer. Hy het ook in die lug op geskiet.“Die man het die geldhouer gegryp, in die wegkommotor geklim en weggery. Sy koeldrank en koekies staan nog op die toonbank.”Me. Hester Buys, winkelbestuurder, was in die kantoor besig toe sy vier skote gehoor het.Sy het uitgehardloop en Nel gekry waar hy voor die deur langs die geldwa lê.Buys het handdoeke gaan haal waarmee sy “die gaatjies waar hy geskiet is, toegedruk het”.

Volgens Buys het Nel kort voordat ER24 op die toneel gekom het ’n harde skree “soos ’n gil wat jy gee as jy seer het” gegee.Paramedici het vergeefs gespook om Nel se lewe te red.“Die bliksems,” het Buys gesê. “Wat moet ’n mens doen? Hulle kom skiet ’n mens by die werk dood. Ons verdien dit mos nie.“Ons het Arrie elke Maandag, Woensdag en Vrydag, soms ’n Saterdag ook gesien.”Nel se kollegas het sy bloed voor die deur van die Sasol-vulstasie gistermiddag skoongemaak.Mnr. Christo van Rensburg, eienaar van Rens-sekuriteit, het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van Nel se moordenaar.Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Wag-by-vulstasie-geskiet-20100823




28 Augustus 2010 - Erica Croeser (34)

Egpaar op reservaat aangeval, vrou vermoor

Johannesburg - 'n Vrou is vermoor en haar man beseer nadat hulle by hul huis op 'n wildreservaat in Cramond, KwaZulu Natal aangeval is. Polisiewoordvoerder Kol. Jay Naicker het gesê 'n onbekende aantal mense het vroeg Saterdagoggend toegang tot die Croeser-egpaar se huis op Msinsi wildreservaat verkry en hulle met messe aangeval. Die aanvallers het Morné Croeser (34) in die maag gesteek. Daarna het hulle sy vrou, Erica (34) verskeie kere gesteek. Sy het aan haar wonde beswyk. Volgens Naicker was Morné Croeser 'n polisiekonstabel. Hy het glo sy vuurwapen in die hande gekry en na die aanvallers geskiet, maar nie een van hulle getref nie. Een van die Croesers se bure het die skote gehoor en die polisie en paramedici gebel. Croeser is in 'n kritieke toestand na die hospitaal geneem, het Naicker gesê. Niks is uit die huis gesteel nie.  Die polisie het 'n moordsaak geopen.  - SAPA


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-op-wildreservaat-aangeval-vrou-vermoor-20100829



29 Augustus 2010 - Kevin Marallich (53)


Spelling van naam op grond van hierdie berig gewysig:

http://www.sapsjournalonline.gov.za/dynamic/journal_dynamic.aspx?pageid=414&jid=23870


Polisieman doodgeskiet terwyl hy visvang

Durban – ‘n Polisieman is doodgeskiet en sy verloofde is in ‘n kritieke toestand nadat hulle aangeval is terwyl hul visgevang het by ‘n dam in KwaZulu-Natal.Die polisieman was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie.Volgens supt. Jay Naicker is kapt. Kevein Marallich en sy verloofde Cathy Potgieter Sondag by ‘n plaasdam naby Nyoni aangeval.Daar word vermoed dat die paartjie deur twee mans aangeval is. Een van hulle het ‘n pistool gehad.Marallich is in die gesig geskiet en Potgieter is aangerand. Sy is deur werkers in die dam gevind.Volgens Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare911, is Potgieter in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisieman-doodgeskiet-terwyl-hy-visvang-20100830#comment_formbox